Dorian orkaan verwoes Bahamas

Die Bahama eilande het miljarde dollar se skade gekry met die verwoestende orkaan Dorian wat die afgelope week die gebied getref het.

Die branders wat tot 8 meter hoog was terwyl ’n stormwind van 200 kilometer per uur gewoed het, is die hoofrede waarom meer as 30 mense omgekom het.

Bewerings dat die branders mense die see ingesleep het, kon nie bevestig word nie, maar honderde geboue, waarvan woonhuise, winkels en ’n hospitaal met die grond platgevee is, het verslaentheid en vrees by duisende mense gelaat.

Na raming sal die herstelkoste meer as 8 miljard dollar beloop, en kan etlike jare duur voor alles terugkeer na normaal.

Gedurende die naweek het die orkaan wat aansienlik veswak het, koers gekry na Kanada.