Donker toekoms wag op OB.

Busisiwe Mkwhebane

Die vraag wat tans op almal se lippe is, is of die OB nog veel langer in die amp gaan bly, en of die parlement die mag het om haar te ontslaan.

Daar is egter ’n paar dinge wat moet gebeur voordat Busisiwe Mkwhebane as Openbare Beskermer ontslaan kan word.

Die eerste stap om haar in die weegskaal te kry vir ontslag, is die afgelope Vrydag geneem toe die amptelike opposisie die aangeleentheid begin het in die parlement.

Die parlement het nog geen besluit geneem oor haar toekoms as OB nie, en ’n portefeulje komitee oor regsake het die saak eers na die parlement verwys, en die aangeleentheid kan ’n lang en uitgerekte saak word.

Die werklike proses om haar te ontslaan het nog nie werklik begin nie, en die vergelyking met vorige versoeke dat sy afgedank word, is nog steeds op komitee vlak waarna die gewoonlik na die parlement verwys word.

Die feit dat daar nooit reëls vasgelê is oor die werklike proses wat gevolg moet word om die Openbare Beskermer te ontslaan nie, kan meebring dat sy skotvry uit die dilemma kan kom, maar sy het per geleentheid gesê die ANC behandel haar net soos wat hulle Winnie Mandela behandel het in later jare.