Dogtertjie se ontvoerders eis miljoene

’n Klein dogtertjie, Amy-Lee de Jager, is vanoggend voor die Laerskool Kollegepark, in Vanderbijlpark, deur ’n man ontvoer.

Die man het intussen ’n losprys van R2 miljoen geëis, maar dit wil lyk asof hy geïdentifiseer kon word met ’n veiligheidskameras wat die voorval opgetel het.

Die ouers van die jong dogtertjie het intussen bevestig dat ’n losprys van R2 miljoen geëis word alvorens Amy-Lee vrygelaat sal word.

’n Woordvoerder van die polisie sê ’n spesiale taakspan het reeds ’n soektog begin om die vier ontvoerders op te spoor wat in ’n Toyota Fortuner met die kind weggejaag het..