Die Verval

Dit is nie net Eskom se bankrotskap wat die algemene verval in Suid-Afrika weerspieël nie – en daar bestaan ’n sterk moontlikheid dat ons nog lelike tekens van verval sal sien voor die einde van hierdie jaar.

Die nuus dat Denel bankrot is, kom as ’n skok, maar alhoewel dit reeds geruime tyd verwag word, het die aankondiging weereens erge skokke deur die Westerlinge van Suid-Afrika gestuur.

Denel was immers een van die mees winsgewende entiteite van die Suid-Afrikaanse entiteite onder staatsbeheer voordat die land weggegee is aan ’n klomp onbekwame en kommunisties gesinde regeerders.

Denel het nie net kragtige en uitermatig doeltreffende oorlogstoerusting ontwerp en gebou nie, maar dit ook winsgewend bedryf en internasionaal bemerk en daarmee die trots van Suid-Afrika se kundige Westerlinge bevestig.

Daardie roemryke tyd het verbygegaan en ’n onbekwame spul het die eens trotse instellinge tot in die diepste afgrond bestuur met gulsige salaris aanpassings, en swak produksie daarby het die uur van waarheid laat aanbreek.

Daardie verval is ’n toonbeeld van ’n uitnemende maatskappy wat in sak en as is, maar wat ook wys hoe lyk die land in geheel.

Hoe het die land se infrastruktuur in 1994 gelyk toe dit oorhandig is aan die nuwe regeerders, en hoe lyk dit na 25 jaar van deurbring en afbreek vandag. Denel is die klein voorbeeld van die groter prent van die algehele verval, want daar is niks wat die afgelope 25 jaar beter geword het nie – want ons het nie bouers nie, maar afbrekers wat regeer.