Die verkwisting gaan voort

Dit is nou meer as vyf jaar gelede sedert ’n groot water projek begin is in die Noord Transvaalse bosveld om sowat 50 klein dorpies van water te voorsien.

Miljoene rand is spandeer, maar die swartmense van die gehuggies is steeds sonder ’n druppel kraanwater.

’n Swart seun wat verdrink het, was ook nie voldoende rde om die waterprojek af te handel sodat die inwoners water by hulle wonings het nie.

Met die koms van die nuwe Suid-Afrika was dit die voormalige terroris, Nelson Mandela, wat belowe het dat elke huis skoon drinkwater sal kry, maar van daardie belofte het niks tereggekom nie.

Waarnemers wys daarop dat die dorpe en stede wat oor dekades skoon water gekry het, vandag ’n berekende risiko loop om die water te drink as dit nie eers gesuiwer is in die woonhuis nie.