Die slim domkop praat

Hlaudi Motsoeneng

Die voormalige baas van die SABC, Hlaudi Motsoeneng, het in sy getuienis voor die Zondo Kommissie gesê hy het nooit gelieg nie, maar dit is die destydse Openbare Beskermer, Madonsela, was die leuenaar.

Hy erken toe dat hy die matriek eksamen geskryf het, maar nie geslaag het nie, en sê hy sal beter wees as enige iemand wat gegradueer is, om die SABC te bestuur.

Hlaudi Motsoeneng het getuig oor die openbare uitsaaier se optrede tydens Staatskaping en die tyd wat hy vir die SABC gewerk het, en dr. Ben Ngubane het vroeër getuig dat Motsoeneng aangestel is vanweë sy veronderstelde kundigheid.