Die OB weer aangekla

’n Wedren maatskappy wil die omstrede Openbare Beskermer hof toe sleep weens haar “lelike” verslag en eis dat sy 25% van die hofkoste self moet betaal.

Busisiwe Mkhwebane het haar blykbaar vasgeloop in ’n geveg met die privatisering van SA perde wedren industrie en die land se grootste perdewedren instansie.

Die perdewedren entiteit sê Busisiwe Mkhwebane het as Openbare Beskermer misluk om te voldoen aan haar grondwetlike verpligtinge.

Die Phumelela Gaming and Leisure groep se Hoof Uitvoerende Beampte, John Stuart, sê die groep verwys na ’n Mei 2019 verslag wat daartoe gelei het dat hul aandele prys met 60% geval het.

Ingeligte bronne sê dit kan die laaste strooi wees wat die kameel se rug breek en haar einde as OB beteken indie sy hierdie hofsaak ook verloor.

Die verslag is deur kenners beskryf as ’n “roekelose” aanval wat nie sal water hou in die hof nie.