Die Aprilgrap toespraak van Gwede

Gwede Mantashe

Die Minister van Minerale Bronne, Gwede Mantashe, het homself die spot van die wêreld op die hals gehaal met sy toespraak tydens ’n konferensie in Australië.

Die toespraak wat deur iemand vir hom geskryf is, het toe die skandalige fout gemaak om ’n April grap as deel van die toespraak in te voeg, wat daarop neerkom dat Suid-Afrika ’n nuwe mineraal ontdek het, en hy kon nie genoeg uitgepraat raak oor die wonderlike ontdekking nie.

Die April grap lui voorts dat die nuwe mineraal in die Wes-Kaap ontdek is, en die minister sê die mineraal is noodsaaklik vir die vervaardiging van battery stoorruimte tegnologie.

Die onsinnige grappie wat vir die waarheid verkondig is, het hoorders in die konferensie laat wonder of die spreker by al sy sinne is, aangesien dit niks te make het met die werklike onderwerp van die konferensie nie.

Die inligting kom oorspronklik uit ’n April grap wat deur ’n uiters onkundige toespraak skrywer, en ’n onkundige minister hanteer is op ’n lagwekkende wyse.