Daar is water buite ons sonnestelsel

Ruimte navorsers het op die planeet K2-18b  water gevind en ’n vogtigheid in die atmosfeer, en bevat die moontlikheid dat dit vatbaar is vir lewe.

Dit is die eerste keer dat ’n planeet soortgelyk aan die aarde se atmosfeer gevind is, en wetenskaplikes sê dit hou die moontlikheid in dat daar lewe kan voorkom, of minstens moontlik is.

Die wetenskaplikes verbonde aan die Universiteit Kollege van Londen het die aankondiging gedoen kort nadat hulle die planeet ontdek het.

Die ontdekking van waterdamp in die atmosfeer is wel goeie nuus vir die geleerdes, maar die planeet is sowat 110 ligjare weg van Moeder aarde, en ’n besoek daarheen kan baie jare duur.

Die K2-18b planeet is twee keer so groot as die aarde, en is geleë in die Leo konstellasie in die Melkweg.    

Waarnemings is gedoen met behulp van die ultra moderne teleskope wat in die jongste tyd die navorsing oor die hemelruim soveel beter en makliker gemaak het.