Cyril swyg en SA brand

Terwyl die onrus in die Wes-Kaap die regering genoodsaak het om die onopgeleide soldate van die Weermag daarheen te ontplooi in die hoop dat die geweld sal stop, is dit Gauteng wat met net soveel geweld die gebied in chaos laat.

Die bendegeweld in die Wes-Kaap het reeds die lewens van baie mense die afgelope weke geëis, en nou het die noorde van SA ook ’n gewelddadige klomp wat winkels en huise afbrand teen ’n vinniger tempo as wat die ANC nuwe geboue kan oprig.

Meer as 20 winkels wat deur uitlanders bedryf word, het in vlamme opgegaan, maar nie voordat die plunderaars en hulle kinders, die bruikbare goedere gesteel het nie.

Daarmee alles, en nog veel meer geweld elders, swyg die ANC se president, Cyril Ramaphosa, en skrik Afrika so groot dat hulle nou die Wereld byeenkoms in Kaapstad boikot.

Ook daaroor sê Ramaphosa nie ’n enkele woord nie.

Gert Pretorius