Cyril se plan teen vroue mishandling

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, het tydens die parlementsitting in ’n lang en uitgerekte toespraak sy plan voorgehou hoe daar in die toekoms beskerming gegee gaan word aan vroue en kinders.

Die planne sal oor die volgende ses maande geïmplementeer word wat uit 5 hoofpunte bestaan om ’n einde te bring aan geslag gebaseerde onrus.

Ramaphosa sê voorkoming, versterkings van die regstelsel, verbetering van die wettige en politieke raamwerk, versekering van opleiding, ondersteuning en behandeling van slagoffers wat die trauma moes deur gaan.

Of die plan wat binne ses maande inwerking gestel gaan word, ’n noemenswaardige verskil gaan bring, sal die tyd leer, het deskundiges later gesê.