Cyril, oorweeg hierdie plan

Die ekonomiese donkerte waarin Suid-Afrika hom bevind, vereis newe denke en nuwe inisiatiewe wat kan lei tot ’n nuwe bloeitydperk, maar dan moet die ANC se president, en sy regering saamwerk.

Ekonomiese deskundiges doen aan die hand dat die verwaarloosde paaie van die land herbou word en dan met die afval plastiek wat slegs die wereld besoedel, oordek word om die lewensduur van die padoppervlakte met minstens 25 jaar te verleng.

Die regering behoort ’n nuwe spoorlyn netwerk tussen Sentraal Transvaal en Durban op te rig, en dit uit te brei met ’n nuwe snelweg na Kaapstad, waarmee hoëspoed treine die vervoer werk doen en sodoende die verniel van paaie deur groot vragmotors te beëindig.

Met al die werk wat daarin gele is, sal die land nie net sy ekonomie ’n stewige hupstoot gee nie, maar ook baie nuwe werksgeleenthede skep, wat egter deur bekwame, goed opgeleide mense gevul moet word.

Die derde projek behoort ’n algehele nuwe benadering te wees om hospitale op ’n Eerste Wereld standaard in te rig en te bestuur deur spanne gekwalifiseerde entrepreneurs wat onderlê is in goeie bestuur.

Ten vierde, laat vaar die belaglike ideologie van swart ekonomiese bevoordeling en stel die mees bekwame persoon aan vir die besondere poste, en siedaar, Suid-Afrika klim weer uit sy bankrotskap.

Die sneltreine, elektries aangedrewe, sal ook Eskom uit sy gemors lig indien daar ook ’n span kundiges aangestel is.

Natuurlik sal miljarde Rand hiervoor benodig word, maar omdat dit voorspoed bring, sal bankiers en die IMF t graag die lenings wil goedkeur – met een voorwaarde, dat kundiges buite die bevoordelings raamwerk, die leiers word om die sukses te verseker.

Die Vryburger se ekonomiese raadgewers reken dit kan meer werksgeleenthede skep as waaroor die land beskik, maar daarmee dal die geweld, roof en moor ook verminder want skurke sal nou met arbeid hulle brood verdien, word gereken.