Cele erken aantal moord styg

Bheki Cele

Die moorde wat reeds ’n hopeloos te hoë vlak bereik het, styg steeds, en die minister, Bheki Cele, erken dat dit ’n onbeheerbare vlak bereik het.

Die afgelope jaar is 21,022 moorde gepleeg, wat meer as 57per dag is.

Cele het in die parlementêre komitee se portefeulje vir polisie aangeleenthede erken dat dit nie ’n “rooskleurige” prentjie is nie.

Moorde, verkragtings, rooftogte is van die grootste misdade, en die polisie is nie in staat om die toestand te verbeter nie.

In 2018 was daar 686 meer moorde gepleeg as in 2017, maar kenners reken die 2019 syfers gaan Suid-Afrikaners nog ’n groter skok toedien.

Verkragtings en molestering het met 2,312 gevalle gestyg wat ’n totaal van 52,420 vir die jaar is, en wat ’n gemiddelde van 143 gevalle per dag.

Benewens die duisende moorde wat jaarliks gepleeg word, was daar in 2018 ook ’n verdere 18,980 gevalle van poging tot moord.

Benewens die misdaadsyfers is daar ook nog 162,012 voorvalle van aanranding gewees, wat daarop dui dat misdaad in Suid-Afrika totaal buite minister Cele se beheer geraak het.