Britte se parlement verdaging wettig

Minister Dominic Raab

Die Britse Minister van Buitelandse Sake, Dominic Raab, het die naweek die beskuldigings verwerp dat die regering van premier Johnson die parlement onwettig verdaag het.

Die bewering dat die verdaag in stryd is met die land se grondwet, is onwaar en onsin wat kwytgeraak word.

Minister Raab het die verklaring gemaak na aanleiding van die Eerste Minister, Boris Johnson se aankondiging dat die parlement verdaag en later hervat word met ’n :Koningin toespraak”, maar opposisielede sê dit is ’n metode om debatvoering oor Brexit te beperk.

Raab sê die kiesers is begaan oor die feit dat dit reeds drie jaar na die referendum is, en wil sien dat die regering nou die lidmaatskap by die Europese Unie beëindig.

Intussen het duisende Britte wat gekant is teen die optrede van Johnson, die afgelope naweek die strate van Londen in gevaar met banier en vlae om hulle ontevredenheid te kenne te gee.