Britte dalk na stembus toe

Premier Boris Johnson

Die erg verdeelde kiesers in die Verenigde Koninkryk, asook die naweek se verset optog in Londen deur kiesers wat beswaar maak teen die verdaging van die parlement, is deel van die groter krisis in die land.

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, het die naweek geklink soos ’n politieke leier wat gereedmaak om ’n algemene verkiesing aan te kondig.

Verskeie media berigte in Brittanje asook die BBC televisie kanaal het die moontlikheid geopper in die lig van die ongeduld en ontevredenheid van kiesers.

Die Konserwatiewe Party het ’n baie klein meerderheid in die parlement, en ’n risiko om nou ’n verkiesing aan te kondig, kan ’n enorme flater wees wat die linkse Arbeiders Party aan bewind stel.