Brittanje in grondwetlike krisis gedompel

Premier Boris Johnson

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson se optrede om die parlement te verdaag, het soveel reaksie ontlok dat die land nou sy grootste grondwetlike krisis beleef wat in die afgelope 800 jaar ervaar is.

Ernstig verdeeldheid, oor politieke grense heen, het die Britte in totale verwarring oor wat gaande is, en wat reg is, om Brexit tot uitvoer te bring.

Opposisie parlementariërs is besig om regsadvies in te win met die doel om die verdaging van die parlement te stop en die debat oor Brexit ’n behoorlike tyd te gun.

Johnson se optrede het die dieper verdeeldheid verder laat groei tot ’n wrewelrigheid wat ongekend is in die Britse politiek.

Die regering van Noord-Ierland het ook sy kommer uitgespreek oor die krisis, en die Republiek van Ierland sê hy kan hom nie vereenselwig met die premier se koers nie.