Britse vliegdekskip na Golf gebied

Brittanje se besluit om die VSA by te staan en ’n vliegdekskip na die Golf gebied te stuur om handelskepe te beskerm teen Iran se aggressie, het reeds die gewenste uitwerking.

Dit is egter betreur dat die Westerse lande soos Frankryk en Duitsland traag bly om die Amerikaanse inisiatief te steun, maar Australië het intussen aangekondig dat hy ook ’n oorlog vaartuig na die gebied stuur.

Ten einde te voorkom dat die spanning tussen die VSA en Iran verder verhoog, het Frankryk, Spanje en Brittanje aanvanklik ’n afsonderlike operasie beoog om skepe na die gebied te stuur, maar toe dit vertraag word, het Brittanje besluit om die VSA te steun.

Frankryk en Duitsland probeer nog steeds om saam met ander EU lidlande, om die kernwapen ooreenkoms met Iran staande te hou nadat die VSA onttrek het, wat meebring dat die twee moondhede nie bereid is om skepe na die Golf te stuur nie.

Italië, Denemarke, Swede, Spanje, Noorweë en België wil saam met Frankryk ’n aantal skepe na die gebied stuur, maar dit is duidelik dat Frankryk en Duitsland traag is om die leiding te neem, wat die indruk skep dat Iran daarin slaag om Westerse moondhede te verdeel.