Britse regering sien om na reisigers

Downingstraat 10

Die regering van Eerste Minister Boris Johnson het aangekondig dat Brittanje die verantwoordelikheid neem om 135,000 reisigers wat gestand is weens Thomas Cook se bankrotskap, na hulle land gerepatrieer sal word.

Duisende Britte is deel van die sowat 600,000 reisigers wat iewers op die aarde, weg van hulle huise, gestrand sit omdat Thomas Cook Reisagentskap onverwags aangekondig het dat hy bankrot is.

Die agentskap wat die oudste ter wêreld is, het na 178 jaar sy deure gesluit nadat onderhandelinge vir ’n verdere lening om staande te bly, misluk het en 20,000 werknemers nou sonder inkomste sit.

Menige hotelle, vakansieoorde, lugrederye wat jaarliks vir 19 miljoen mense se reis en verblyf moes regstaan, is skielik sonder klandisie in die komende maande.