Britse premier verloor hofgeding

Boris Johnson

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson is weer in die spore gestuit deur ’n Hooggeregshof bevinding dat sy plan om die parlement te verdaag, onwettig is.

Johnson wou die parlement vir 5 weke verdaag om die debat oor Brexit te beperk weens ’n :gebrek aan meer tyd”, maar die hof het die besluit omgekeer en beveel dat parlementêre werksaamhede moet voortgaan.

Die hooggeregshof het met 11 regters op die bank, Johnson se “stootskraper politiek” gestop, en sal hy nuwe planne moet maak om op 31 Oktober uit die Europese Unie te vertrek.

Die hof het ook bevind dat die lang tyd van verdaag beteken dat die parlement verhinder sal word om sy grondwetlike funksies te verrig soos wat redelikerwys van hom verwag word.

Politieke ontleders sê dit is ’n harde terugslag vir Johnson wat gepoog het om die uittrede maatreëls wat beplan is, te stoomroller, maar die parlementslede het telkens met maatreëls gekom wat die premier gestuit het.