Britse politiek Babelse verwarring

Die Britse politiek was waarskynlik nog nooit so deurmekaar en in ’n Bbelse verwarring soos wat dit tans die geval is nie.

Die regerende Konserwatiewe Party skors 21 van sy parlementslede wat beteken dat hulle nie as Konserwatiewe Party kandidate kan staan in ’n volgende algemene verkiesing nie.

Talle ministers en ander parlementslede bedank uit die party, en ander bedank die politiek, waaronder die premier se jonger broer.

Selfs die Arbeidersparty verloor van sy getrouste parlementslede wat oor loop na die Demokratiese Party.

Parlementslede van die verkillende politieke partye verskil met hulle partyleiding oor Brexit, en die opposisiepartye maak seker dat premier Johnson nie op 15 Oktober ’n verkiesing kan hou nie deur te sorg dat hy nie die vereiste 66% steun vir sy datum kry nie.

Skotland is hoogs ontevrede met Johnson se koers, en streef nou na onafhanklikheid weg van die Verenigde Koninkryk.

Kenners wys daarop dat Boris Johnson veel swakker vaar om die Britte bymekaar te hou soos wat sy voorganger Theresa May gedoen het.

Meningsvormers wys daarop dat Johnson niks kon doen wat beter is as Theresa may nie, en beweer dat May selfs veel beter sou handel met die hele aangeleentheid oor Brexit.