Britse Brexit krisis vererger

Die Britte se verdeeldheid oor Brexit kry nog momentum en kan lei tot meer skeurings en nuwe politieke partye met ’n totaal nuwe bedeling.

Meningsvormers en deskundiges in Brittanje sê die verdeeldheid sal Woensdag ’n klimaks bereik in die parlement wanneer gestem moet word ten gunste of teen uittrede op 31 Oktober.

Indien ’n meerderheid stem teen die uittree datum, kan dit lei tot ’n algemene verkiesing, en ook daaroor bestaan daar politieke verdeeldheid.

Arbeiders Party se lede is verdeeld oor ’n vervroegde verkiesing en vrees dat hulle die verkiesing so gaan verloor dat die Konserwatiewe Party met ’n groter meerderheid terugkeer na die parlement.

Die Arbeiders Party en sommige van die Demokratiese Party hoop hulle beskik oor voldoende steun om Brexit uitgestel te kry sodat dit nie op 31 Oktober sal wees nie, maar hulle vrees ’n algemene verkiesing wat dan op 14 Oktober gehou kan word.

Pogings sal dan weer deur sommige Arbeiders aangewend word om te keer dat die verkiesing op 14 Oktober gehou word, maar die leier van die party is ten gunste van ’n vervroegde verkiesing.