Bring doodstraf terug

Die gewelddadigheid in Suid-Afrika het sodanig toegeneem dat daar nou oor ’n wye gebied gevra word dat die kommunisties gesinde ANC regering die doodstraf terug bring.

Die vlaag van verkragtings wat oor die land spoel, het vroue en selfs lede van die parlement laat skree dat die skuldiges die doodstraf verdien en dat die strafmaatreël heringestel moet word.

Die ANC se Minister van Korrektiewe Dienste is egter nie so gretig om die stap te neem nie, en verskeie blankes reken dit is nie ’n oplossing vir die probleem nie.

Die land beleef ’n gewelddadigheid van meer as 55 moorde per dag, en verkragtings wat teen ’n ongekende tempo toeneem, terwyl kapings en gewapende rooftogte ’n alledaagse geword het.