Brexit en Britte buite beheer

Boris Johnson

Die Britse politiek is buite beheer nadat die Hooggeregshof beslis het dat die verdaging van die Britse parlement onwettig en ongemagtig is.

Die beslissing laat ook ’n donker skaduwee oor Brexit, en ’n dieper skaduwee oor die vermoë van die Eerste Minister, Boris Johnson, om as regeerder van die vyfde grootste ekonomie van die wereld te regeer.

Die regter het beveel dat die parlementslede onmiddellik terugkeer en die sittings hervat, wat ’n geweldige terugslag is vir Johnson wat gereken het hy kan alles stoomroller.

Die beslissing dui daarop dat Johnson se opsies met Brexit uiters beperk is, en hy kan nou slegs kies of hy ’n geen ooreenkoms uittrede wil volg, wat waarskynlik nie deur die parlement aanvaar sal word nie, of hy moet ’n tweede referendum oor EU lidmaatskap hou, wat waarskynlik met al die drama tot hiertoe, ’n voortgesette lidmaatskap kan beteken.

Die beslissing van die Skotse Hooggeregshof is ’n hofsaak wat begin is deur die Skotse Nasionale Party wat sterk gekant is teen uittrede uit die Europese Unie, en word beskou as ’n morele oorwinning oor Johnson en die Britse Konserwatiewe Party.