Brandstof weer duurder

Vanaf Woensdag is die brandstof prys weer hoër en kan motoriste gerus vandag die motor vol maak.

Petrol se prys styg met 11 sent per liter, en diesel met 25 sent per liter.

Die aankondiging is deur die Minister van Energie, Gwede Mantashe, aangekondig en gesê die prys van huishoudelike paraffien verhoog met 24 sent per liter.

Die hoofrede vir die styging is te wyte aan die Rand se verswakking en ingeligte waarnemers reken die tendens sal ook in Oktober verwag kan word.