Bolton besoek president van Belarus

Die Amerikaanse Nasionale Veiligheid adviseur, John Bolton, het die naweek sy besoek afgesluit in Belarus waar hy dringende samesprekings gevoer het met die land se president.

Bolton het die land se staatshoof, President Alexander Lukashenko, gewaarsku teen die bedreiging wat Rusland inhou vir Belarus ’n ander Europese lande.

John Bolton is die mees senior persoon van die VSA wat Belarus in baie jare besoek het, en die waarskuwing kom nadat Rusland beslag gelê het op die oostelike gebied van die Oekraïne, wat uiteindelik ook in Belarus kan gebeur.

Vrees bestaan tans dat Moskou met sy ideaal om Belarus, wat dien as buffer tussen Rusland en Europa, weer oor te neem soos voor die Koue Oorlog.

Bolton het in ’n media onderhoud aan joernaliste gesê die sprake dat Rusland ’n besoek wil bring aan Belarus om te praat oor die land se soewereiniteit laat rooi ligte flikker.

Die president het later bevestig dat Belarus gretig is om sy bande met die VSA te versterk en ’n bolwerk teen Rusland se aggressie te vestig.