Blanke uit SA word geskel

’n Jongman van 35 jaar, is deur ’n Brit uitgeskel met die K-woord, wat hom laat besluit het om die saak nie daar te laat nie.

Onbevestigde berigte lui dat hy hom vererg het vir die persoon wat hom op so ’n wyse wou verneder, en daarom het hy regsadvies ingewin en ’n saak teen die persoon gemaak.

Die hof het ten gunste van die eiser sy uitspraak gelewer ’n die Suid-Afrikaner wat in Brittanje woon en werk, is nou ’n volle R1 miljoen ryker.

Die hofsaak het wye reaksie ontlok in Brittanje, en politieke waarnemers reken dit sal nie gou weer gebeur dat ’n blanke van Suid-Afrika uitgeskel word met die vreemde woord nie.

Meningsvormers sê dit is baie duidelik dat die persoon wat die skel-wérk gepleeg het, geen benul het van wie in Suid-Afrika woon nie.