Beijing hou fees in besoedelde lug

Beijing en Hong Kong vier op 1 Oktober die 70ste jaar van ’n kommunistiese Volksrepubliek van Sjina terwyl Beijing verstik in sy mensgemaakte besoedelde lug.

Ook is die industriële stad, Xuzhou, is egter nog veel meer onderwerp aan besoedelde lug, en die stad wat in die oostelike provinsie geleë is, sal op die feesdag al sy nywerhede gesluit hou as deel van ’n poging om die lugbesoedeling ietwat te verminder.

Xuzhou, is sowat 650 kilometer van Beijing is een van Sjina se mees onaangename stede om in te woon weens die swaar lugbesoedeling wat daar heers.

Die Sjinese Minister van Omgewingsake het gewaarsku dat klimaatstoestande kan bydra tot veel groter besoedeling wat oor ’n wye gebied kan strek.

Die groot besoedeling in Beijing het gelei tot maatreëls wat deur die regering ingestel is wat groot nywerhede nie verder in die hoofstad opgerig mag word nie, en selfs omliggende stede mag ook die groot nywerhede en staalfabrieke akkommodeer nie.