Bankkaart kanselleer Venezuela dienste

’n Bank in Venezuela, wat deur die land se militariste bedryf word, het woedend gereageer nadat Mastercard sy dienste opgeskort het vir die bankier.

Die Mastercard maatskappy het die optrede gevolg nadat die VSA verdere sanksies teen Venezuela aangekondig het.

Met die optrede is duisende mense in Venezuela se krediet fasiliteite skielik beëindig en is hulle genoodsaak om na ander banke oor te skakel om kredietkaarte te bekom.

Die maatreël is ’n teken van hoe die Amerikaanse sanksies Venezuela se normale funksies kan beïnvloed, en selfs die staat se instellings nadelig kan tref.

Die Bank poog nou om sy kliënte te behou deur hulle aan te moedig om van die internet aanlyn diens gebruik te maak aangesien Mastercard ook aan Visa en American Express gevra het om dieselfde optrede te volg.