Bank staking frustreer kliënte

Die dreigende landswye bankstaking eerskomende Vrydag deur werkers van die vyf groot banke kan nie net instap kliënte beïnvloed nie maar die moontlikheid bestaan ook dat die OTM stelsel landswyd sonder  geld gaan sit.  Kliënte is gewaarsku dat hulle vroegtydig geld moet onttrek om normale sake te doen.  Die datum 27 September, wanneer die beoogde staking gehou word, is ook vir baie werkgewers die einde van die maand wanneer lone betaal moet word.  

Die staking gaan oor die aflegging van werknemers in die banksektor met Standard Bank wat vroeg in die jaar 91 takke gesluit het en Absa wat herstrukturering aangekondig het.

Die SA Inkomstediens het gewaarsku dat belasting betalings en belasting terugbetalings nie geraak kan word indien die staking Vrydag is.