Bank personeel staking afgelas

Verskillende berigte het deur die lug gevlieg oor wat en wanneer die bankpersoneel gaan staak en bespiegel is oor wat die uitwerking daarvan op die land en sy mense sal wees.

Ekonome het daarop gewys dat dit die land wat kreupel is weens sy swaar skuldlas, nie nog sulke knellende stakings kan bekostig wat niks gaan verander aan die besluite van banke om personeel af te lê nie.

Uiteindelik het die banke ’n interdik gekry wat bepaal dat die staking onbeskerm sal wees, maar ook verbied word as ’n onwettige optrede.

Cosatu vakbond, asook ander vakbonde soos Sasbo, is deur die hofbeslissing tot orde geroep en kenners sê die vakbonde wat geen benul het van ekonomiese werklikhede nie, is op die regte tyd en korrekte wyse gestop.