Australië versterk bande met VSA

President Donald Trump het die Australiese Eerste Minister verwelkom in die VSA met sy tweede besoek sedert Trump president geword het.

Die jarelange goeie verhouding tussen die twee lande is herbevestig, en die twee leiers het ook die verhouding met Sjina bespreek.

Australië het die Amerikaanse president verseker van sy land se ondersteuning in die VSA se stryd met Iran en Beijing.

President Trump en Premier Scott Morrison het ook na nuwe handels moontlikhede gekyk in die lig van Sjina se aggressiewe bemarking.

Die Sjinese uitbreiding van sy seegebied met die kunsmatige eilande in die Sjinese Suid See gebied het ook die leiers se aandag geniet en kommer is uitgespreek oor die tendens.

’n Meesterplan word opgestel om die beveiliging van aard minerale wat skaars is en tans deur Sjina beheer word.