Apartheid – hoofstuk twee

Nigeriërs wat alles verloor het weens die vreemdelinge haat wat woed in Pretoria en Johannesburg, het hulle laat skarrel na die konsulaat waar hulle vir kort tye gehelp kon word voor hulle terugkeer na Nigerië.

’n Nigeriër wat reeds jare in die land ’n besigheid bedryf, het aan die media gesê die optrede in die land teen Nigeriërs is in werklikheid hoofstuk twee van apartheid.

’n Ander een wat ook sy hele onderneming verloor het in ’n plundery sê die Ramaphosa regering is baie slegter as die apartheidsregering.

Intussen het die ANC regering aangekondig dat ’n vliegtuig beskikbaar gestel is om die Nigeriese burgers gratis na hulle tuisland te neem.

In 2008 se xenofobiese aanvalle is 60 mense om die lewe gebring, en vanjaar is 12 mense gedood.

In Nigerië het die SA konsulaat gesluit  weens die massa protes aksies teen die Suid-Afrikaanse regering se onvermoë om die geweld vas te vat.