ANC kry faktuur vir R100 miljoen

Die ANC se tesourie-generaal, Paul Mashatile, was blykbaar nie bewus daarvan dat ’n faktuur bestaan van die skuld wat betaal moet word.

Dit was glo eers toe die faktuur, met ’n bedrag van R102 miljoen aan hom getoon is, dat die vonke gespat het.

Nou is ’n ondersoek gelas na aanleiding van die faktuur wat uitereik is vir die lewering van 35,000 verkiesings plakkate wat glo nie deur die party goedgekeur is nie.

Mashatile was blykbaar onbewus van die transaksie tot die faktuur onder sy oe gebring is, en nou word ’n ondersoek gelas oor wie vir die gemors verantwoordelik is.

Dit blyk egter dat die ANC wel die plakkate ontvang en gebruik het, en daarmee ook verantwoordelik sal wees vir die betaling van die rekening.