Amy se ontvoerders vas

Amy-Leigh de Jager, die sesjarige dogtertjie van Vanderbijlpark wat deur vier skurke ontvoer is, is veilig by haar mense.

Drie van die vier skurke is deur die polisie opgespoor en gearresteer. Die twee mans, tussen 27 en 50 jaar, saam met ’n swart vrou wat aan die De Jager gesin bekend is, sal later in die hof verskyn op verskeie aanklagte.

Die vierde persoon is nog op vrye voet, maar die polisie verwag om binnekort ’n arrestasie uit te voer.

Die ontvoerders het klaarblyklik bang geword toe die sosiale media met ’n foto van die ontvoering vertoon is.

Die dogtertjie is in die nag naby ’n hotel afgelaai waar die polisie haar gevind het.

Die ontvoerders het aanvanklik R2 miljoen losprys geëis, maar daarvan het dadels gekom, en het hulle besluit om die kind terug te besorg.