Amy-Leë weer veilig tuis

’n Privaat speurder wat deur die ontvoerde dogtertjie van ses jaar, Amy-Leë, se ouers aangestel is om hulle kind op te spoor, het in ’n radio onderhoud gesê sy is veilig terug.

Die kindjie is deur vier mans ontvoer toe hulle op die voertuig waarin sy was, reg voor die skool toegeslaan het en haar in ’n Toyota ontvoer het.

Die ouers het nie gewag om te sien wat gaan gebeur nie, en dadelik ’n privaat speurder gevra om hulle kind op te spoor en terug te besorg.

Sy is kort nadat die skurke kontak gemaak het met die ouers, afgelaai naby die Shakespeare Hotel gedurende die nag waarna sy aan die ouers terug besorg is.

Die polisie soek glo na die vier mans wat betrokke was by die ontvoering, maar dit lyk of die soektog nog lank sal duur.

Geen losprys is betaal nie, en die vermoede bestaan dat die boewe geskrik het vir die wye reaksie op die internet em die koerante terwyl ’n video opname deur die versteekte kamera hulle paniekerig gemaak het.