Aktiviste wil Heathrow lughawe ontwrig

Britse aktiviste oor klimaatsverandering het die owerheid gewaarsku dat hulle die grootste lughawe in Brittanje gaan ontwrig vanaf 13 September.

Die aktiviste wil met minstens twee speel hommeltuie rond vlieg oor die aanloop- en landingsbane van Heathrow lughawe.

Die aktiviste beskuldig die Britse owerheid daarvan dat hulle nie voldoen aan die vereistes om die koolstof besoedeling te verminder nie.

Bewerings word gemaak dat die gebruik van hommeltuie sal verseker dat vliegtuie nie kan opstyg of lans nie, soos wat ’n egpaar twee jaar gelede onbewustelik die lughawe in chaos gedompel het toe hulle met ’n speel hommeltuig oor die aanloopbane gevlieg het.

Later het ’n woordvoerder van die aktiviste gesê hulle sal nie die aanloopbane of landingsbane beset nie, maar slegs vlieg waar dit nie steurings veroorsaak nie, en behoort gesien te word as ’n simboliese verset aksie.