Afrika spring vir Britse handel

Die ANC se Minister van Handel en Nywerhede, Ebrahim Patel, sê dat Suid-Afrika en verskeie ander Afrika lande in die Suidelike gebid van die kontinent ooreenkomste met die Verenigde Koninkryk aangegaan het.

Die ooreenkomste word van krag sodra die Verenigde Koninkryk (VK) sonder ’n ooreenkoms uit die Europese Unie sou tree.

Vier ander Afrika state, Namibië, Lesotho, Botswana en Mosambiek het die geleentheid aangegryp om ’n ooreenkoms aan te gaan.

Die lewering van veral voedsel soorte sal aansienlike verligting vir die Britte beteken, maar sal ook ’n positiewe uitwerking wees op produsente uit die Suidelike Afrika streek.

Suid-Afrika is een van Brittanje se grootste handels vennote, en in 2018 was die bilaterale handel tussen die twee lande meer as R140 miljard.