Afghanistan hou presidentsverkiesing

Pres. Ashraf Ghani en Abdullah Abdullah

Die oorlog geteisterde Afghanistan het tans 18 presidentskandidate in die veldtog om Saterdag ’n nuwe president aan te wys.

Slegs twee van die kandidate het genoeg steun om ’n oorwinning te behaal, waarvan die sterkste kandidaat die huidige president is.

Etniese geweld, onstabiele alliansies en ’n geskiedenis van jare se oorlog maak dat die regeer van Afghanistan geen vreugde inhou nie.

Pres. Ashraf Ghani en Abdullah Abdullah het vyf jaar gelede ook teen mekaar te staan gekom, en sal hierdie keer weer teen mekaar staan op 28 September.

Na afloop van die vorige presidentsverkiesing wat deur Pres. Ashraf Ghani gewen is, het Abdullah die hoof uitvoerende beampte, wat gelykstaan aan ’n Eerste Minister se amp, beklee.