Afghan: VSA onttrek duisende troepe

President Donald Trump het met gewysigde planne, aangekondig dat 5,000 Amerikaanse troepe uit Afghanistan teruggetrek word.

Die terug trek van 5,000 troepe volg na suksesvolle samesprekings gevoer word met die Taliban oor die beeïndiging van fie 18 jaar van geweld in Afghanistan.

President Trump sê dit bring die totaal troepe wat in Afghanistan oor is op 8,600 te staan, maar sal daarna weer oorweeg wat verder gedoen kan word.

Die Taliban en verteenwoordigers van Amerika het die afgelope jaar gereeld vergader om die beeïndiging van die oorlog te beplan.

Die afgelope weke het die twee partye in Qatar vergader, en kon uiteindelik ’n ooreenkoms bereik om die VSA in staat te stel om sy troepe te verminder.