Adjunk OB se termyn verstreke

Kevin Malunga

Die amptelike termyn van die Adjunk Openbare Beskermer, Kevin Malunga, verstryk eersdaags, en of hy in di amp vir nog ’n termyn aangestel gaan word, is onbekend.

Die Justisie se Diens Komitee het egter aansoeke vir die pos gevra en lede van die publiek is gevra om nominasies vir bykomende kandidate in te stuur.

Die huidige adjunk, Kevin Malunga, se sewe jaar termyn verval op 9 Desember, maar die parlement beskik oor die mag om hom weer vir ’n termyn aan te stel.

Die speaker van die Nasionale Vergadering,  Thandi Modise, het op 12 Junie reeds aan Ramaphosa ’n brief gerig dat die adjunk se termyn in Desember verval.