Ace en die Pierneef skildery

Ace Magashule

Dit het verlede jaar bekend geword dat die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, direk betrokke was by die diefstal van ’n beroemde Pierneef skildery.

Die Valke het glo hulle ondersoek afgehandel oor die beweerde voorval waar die skildery ter waarde van meer as R8 miljoen betrokke is.

 Die aangeleentheid is glo nou in die hande van die Nasionale Vervolgings Gesag wat moet besluit of vervolging ingestel gaan word.

In Oktober verlede jaar het ene Maverick alarm gemaak dat Magashule direk betrokke is by die wegraak van die skildery.

Ingeligte bronne beweer dat die skildery glo in Brittanje verkoop sou word as deel van die vernietiging van Afrikaner kultuur goeder.