Zuma veg teen betaal van R16 m

Die beslissing van die Hooggeregshof dat Jacob Zuma sy hofkoste ten bedrae van R16 miljoen moet betaal, het die voormalige ANC president nog nie laat ophou veg teen die bevinding nie.

Die vorige beslissing wat bepaal dat Zuma ook nie kan appelleer teen die hofuitspraak nie, het hom nog nie laat ophou stry nie.

Die Zuma regsverteenwoordigers het glo nou dokumente geliasseer in ’n poging om die uitspraak van 2018 wat bepaal dat hy verantwoordelik is vir R16 miljoen se hofkoste, ter syde gestel te kry.

Die hofkoste spruit uit hofsake waar hy van korrupsie beskuldig is, en wat volgens meningsvormers nie die verantwoordelikheid van belastingbetalers kan wees om in te staan vir di koste aan sulke hofsake nie.

In Mei vanjaar het Zuma se regsverteenwoordiger, advokaat Muzi Sikhakhane, gesê sy kliënt het nou leeggeloop aan geld en kan nie meer vir hofsake betaal nie.

Waarnemers reken dit is die paniek wat Zuma nou dryf, want al wat waarskynlik gaan oorbly, is dat hy Nkandla moet verkoop.