Weste plaas druk op Noord-Korea

Brittanje, Duitsland en Frankryk se verteenwoordigers by die Verenigde Nasies het druk geplaas op die Noord-Koreaanse verteenwoordiger met versoeke dat Kim Jong-Un sy dialoog met President Donald Trump moet hervat.

Die verteenwoordigers het tydens ’n vergadering van die Verenigde Nasies gevra Noord-Korea moet ’n betekenisvolle bydrae lewer tot die bereiking van ’n kernwapen verdrag deur sy kernaanleg af te takel en sy ballistiese missiel toetse en program te beëindig.

Die verslag kom na afloop van ’n vergadering van die VN se Veiligheidsraad wat hoofsaaklik gehandel het oor Noord-Korea se kernwapen ontwikkelings program.

Die drie lande, Brittanje, Duitsland en Frankryk het eenparig steun gegee aan die voorstelle nadat kennis geneem is van die jongste toetse met kort afstand ballistiese missiele wat uitgevoer is.