Wêreld ekonomie minder rooskleurig

Dit is kommerwekkend dat lande soos Duitsland en Brittanje, wat van die sterkste ekonomiese moondhede van Europa is, ook ’n sterk daling in finansiële stand ondervind.

’n Amerikaanse ekonoom sê die verswakking in die Duitse ekonomie stuur af op ’n resessie, wat beteken dat die hele Europa dit sal ondervind.

Hy skyf die koms van ’n resessie toe aan die handelsoorlog tussen Amerika en Sjina, en voorsien dat dit wêreldwyd neerslag sal vind.

Hy is van mening dat Afrika lande swaar getref sal word weens hulle huidige sukkelende ekonomieë wat met ’n wêreldwye resessie net dieper in die moeilikheid sal beland.

Suid-Afrika gaan tans gebuk onder ’n geweldige skuldlas, en die rente daarop te veel om sonder ’n stewige groeikoers daaruit los te kom.

Likwidasie van sakeondernemings styg kwartaalliks in die land, wat deels toegeskryf word aan die onsekerheid, en die voorspelling is dat die nuwe wet op skulde baie sakeondernemings ’n ernstige knou gaan toedien terwyl bankiers en groot sakeondernemings hulle kredietbeleid veel strenger sal maak, wat ook die omset nadelig raak en winste beperk.