Weekliks vrek honderde honde in SA

Honderde honde, bam alle grotes en ouderdom, word daagliks vergiftig en tot soveel as 1100 word elke week in SA gedood deur kwaaddoeners.

Dr. Gerhard Verdoorn, direkteur by  die Griffon Poison Information Centre sê die vergiftiging word gedoen met Russiese worsies, of self die bekende “rooiworsies” wat met gifstof behandel is.

Gedurende verlede Woensdagaand is sowat 40 honde in Roodepoort dood weens vergiftiging en dit is gevind dat 97% van alle diere wat vergiftig is, daarvan doodgaan.

Die vergiftiging is ’n vooraf plan om seker te maak die honde is dood waarna veel makliker ingebreek kan word om die huismense te stroop van hulle huis inhoud.

Die ideale toestand is om diere te leer om net kos te eet wat van een persoon in die huishouding aangebied word, maar die leer proses is nie eenvoudig nie en honde is dikwels vergiftig omdat hulle op daardie stadium honger was en alles sal eet wat aangebied word.