Watson sterf in ongeluk

Gavin Watson, die Hoof Uitvoerende Beampte van Bosasa het Maandagoggend omgekom in ’n motorongeluk na die Tambo Lughawe by Kempton Park.

Watson het glo vanaf sy woonplek in Port Elisabet na die Rand gevlieg, en het met ’n Corolla motor gery en teen ’n hoë spoed in ’n beton pilaar vasgery.

Die omstrede hoof van Bosasa het glo beheer oor sy voertuig verloor en het met ’n geweldige slag teen die beton gebots, en is opslag gedood.

Die foto hiernaas toon die voertuig se toestand waarmee Watson gery het.

Hy sou vandag voor die Zondo kommissie getuig het oor n aantal aspekte, waarvan dele van die inligting nou onbekombaar geword het.