Warmste Juliemaand van alle tye

Die VSA se Nasionale Oseaan en Atmosferiese Administrasie het bevestig dat die afgelope Juliemaand die warmste was wat nog vir die tyd van die jaar gemeet is.

Meting van dag en nag temperatuur word sedert 1880 gedoen in die VSA, en volgens die statistiek is die Arktiese See se ys die laagste wat ooit op rekord geplaas is.

Volgens die Administrasie is dit die Juliemaand wat in die afgelope 140 jaar die warmste was, en is deur die Europese Unie bevestig.

Volgens die verslae het die ys in die noordelike Arktiese gebied, sowel as in die suidelike Antarktika hulle laagste punt bereik sedert metings gedoen word.

Die eerste waarneming is glo gedoen in Alaska wat ook sy warmste Julie beleef het sedert 1925.

Te midde van die geweldige hittegolf wat Europa vanjaar getref het, was dit die Europese kontinent se 15 de warmste Julie wat gemeet is.