Wapenskandaal weer onder soekligte

Gedurende die eerste helfte van 2008 is die SA Queen Modjadji vanaf Duitsland in ontvangs geneem in die hawe by Simonstad.

Dit is die jongste aflewering van duikbote uit Duitsland wat deur Suid-Afrika aangekoop is terwyl die land nie voldoende opgeleide personeel het om die boot effektief te benut nie.

Daarna sê die aktivis Crawford-Browne dat daar net een oplossing is om die aangeleentheid reg te stel, en dit is om die kontrak te kanselleer, die goedere terug te stuur, en die terug vordering van die enorme bedrae.

Hy sê Suid-Afrika moet alle uitstaande bestelling onverwyld kanselleer van wapentuig wat bestel is volgens kontrakte en enige betalings daarop terug eis.

Dit is die reaksie van Crawford-Browne in die Hooggeregshof in Pretoria en het daarmee waarskynlik bygedra tot die hof se bevinding dat die verslag oor die wapenskandaal ongeloofwaardig is en verwerp word.

Met die bevinding in die hof, is die deur wawyd oop om weer met vervolging van die Jacob Zuma te begin.

Die Regter-President Dunstan Mlambo sê in sy uitspraak die verslag is ’n “mislukking” en derhalwe sonder waarde.

Crawford-Browne veg reeds vir twee dekades om reg en geregtigheid te laat geskied oor die bedrog in die wapentransaksies, en het waarskynlik nou ’n wond oopgekrap wat meer as net septies geword het.

Met Suid-Afrika se rommel-status is dit nodig dat die skuldiges aan die man gebring word wat betref een van die grootste skandes wat nog oor Suid-Afrika gekom het.