VSA wil Groen eiland koop

Dit klink na ’n sprokiesverhaal, maar gerigte gaan rond dat President Donald Trump in privaat gesprekke met vennote en adviseurs die idee geopper het om die Groenland eiland vir die VSA te koop.

Die doel daarmee is om die Amerikaanse gebied verder uit te brei wat beskou kan word as ’n uitstekende strategiese skuif.

Die moontlikheid om die ys eiland gebied by Noorweë te koop kan van groot belang wees vanweë die ligging tussen die Noord Atlantiese Oseaan en die Arktiese Oseaan.

Sekere waarnemers het egter die moontlikheid afgelag terwyl ander die waarde vir die westerse moondhede daarin raaksien.

Dit is egter nie die eerste keer dat ’n Amerikaanse regering aan die gedagte gewerk het nie, want in 1946 het die Amerikaanse president, Harry Truman, ’n aanbod gemaak om die eiland te koop vir $100 miljoen.

Intussen is verneem dat President Donald Trump beplan om vroeg in September ’n besoek te bring aan Denemarke, maar daar is geen aanduiding dat die koop van die eiland ter sprake gaan kom nie.

Enkele ure later het Groenland en Denemarke gereageer met ’n boodskap dat die eiland oop is vir besigheid, meer beslis nie te koop is nie, en die Deense premier het die gedagte as absurd bestempel.