VSA waarsku Sjina oor Venezuela

Adviseur John Bolton

Kort nadat Sjina gewaarsku het dat Amerika nie ’n basis moet oprig :op Sjina se voorstoep nie, het die Amerikaanse Veiligheidsadviseur, John Bolton, skerp gereageer.

Bolton het Sjina gewaarsku, en Rusland daarby ingesluit, om nie te probeer munt slaan deur betrokke te raak en ondersteuning te gee aan die diktator van Venezuela nie.

Hy het ook gesê die president, Nicolas Maduro, se twyfelagtige regering kan nie die skuldlas wat op hom gelê word, weer terugbetaal nie, veral as die Maduro bewind tot ’n val sou kom.

John Bolton het na die Maduro regime verwys as die “kriminele regime” en gesê Maduro is nie instaat om sy finansiële verantwoordelikhede na te kom teenoor ander lande nie.

Bolton het die opmerkings gemaak tydens ’n internasionale geleentheid in Peru waar 50 lande verteenwoordig is, maar wat nie dur Rusland of Sjina bygewoon is nie.

Die Westerse lande het by die geleentheid weereens ’n beroep gedoen op Maduro om uit te tree as president van Venezuela sodat ’n verkiesing gehou kan word om ’n nuwe president en regering te kies en sodoende die demokrasie te herstel in die land.